"Na maande se geswoeg voor die rekenaar vra ek my af of ek nie dalk my vierjarige kleinseun, Tiaan, se raad ter harte moes geneem het nie. Toe hy hoor ek skryf 'n boek, vra hy ewe onskuldig: "Oupa, hoekom skryf jy 'n boek? Hoekom gaan koop jy nie een nie?"