Op 17 Desember spoel die lyf van Ernst Richter oop in die duine anderkant Parklands - die Ernst Richter, berugte internet-entrepreneur, baas van die omstrede webwerf Alibi.co.za wat 'n maand gelede so onverklaarbaar en sensasioneel verdwyn het.
Selfs in normale omstandighede sou die Valke Bennie Griessel en Vaughn Cupido gesukkel het - by Alibi.co.za lieg almal soos tannetrekkers. Maar omstandighede is nie normaal nie. Want Griessel het weer aan die suip gegaan. En Cupido is verlief. Op een van die hoofverdagtes.
En op 24 Desember begin 'n jong wynboer bieg voor 'n advokaat in Kaapstad, wat die hele saak op sy kop keer.
Kersfees sal nooit weer dieselfde wees nie.
CONTRIBUTORS: Deon Meyer
EAN: 9780798169776
COUNTRY: South Africa
PAGES:
WEIGHT: 1 g
HEIGHT: 222 cm
PUBLISHED BY: Human & Rousseau (Pty) Ltd
DATE PUBLISHED:
CITY:
GENRE: FICTION / Mystery & Detective / General, FICTION / Crime
WIDTH: 152 cm
SPINE:
Book Themes:
Crime and mystery fiction
Book Partnerships
For the Fans