FREE delivery to all EXCLUSIVE BOOKS stores nationwide. FREE delivery to your door on all orders over R450. Excludes all international deliveries.

  • Not safe to deliver by Christmas NOTSANTA SAFE
    VOC aan die Kaap, 1652-1795

VOC aan die Kaap, 1652-1795

Con de Wet

    Product form
      FORMAT: Hardback
      YOU COULD EARN 0 FUTURE RETAIL DISCOUNTS.
      ESTIMATED DELIVERY: Possibly out of print
      BUY NOW PAY LATER
      From R 0.00 per month!
      3x monthly payments of R 0.00 with
      4x fortnightly payments of R 0.00 with

      Format: Hardback

      Daar is reeds baie navorsing gedoen en 'n groot aantal publikasies het verskyn oor die geskiedenis van die Verenigde Oost-Indische Compagnie (VOC) se tyd aan die Kaap. Nogtans het baie kundiges 'n behoefte aan 'n gesaghebbende publikasie wat die VOC se bewindstyd aan die Kaap volledig sou behandel, geidentifiseer. 'n Motivering was 'n nuwe belangstelling in die Kompanjiesgeskiedenis en heelwat aspekte van die VOC se verbintenis met Suid-Afrika wat nog nie in die historiografie neerslag gevind het nie. Sewentien medewerkers, wat elkeen 'n deskundige op sy of haar besondere terrein is, is gewerf. Aspekte wat bespreek word, is die ontdekking van die seeroetes na die Ooste en die Amerikas teen die einde van die 16de eeu en die interafhanklikheid wat daardeur tussen Europa, die Ooste en die Amerikas ontstaan het. Dit het ook in Nederland neerslag gevind met die ontstaan van die VOC in 1602 en die groei van sy Oosterse handelsryk in die 17de eeu, wat dit die eerste groot internasionale handelsmaatskappy gemaak het. Daarna word die maatskappy se geleidelike agteruitgang en sy uiteindelike ondergang aan die einde van die 18de eeu geskets. Daar word gefokus op die rol wat die Kaapse diensstasie in die VOC se Oosterse handel gespeel het, die Kaapse bestuursinstellings en owerheidsdienste word bespreek en aandag word gegee aan die verdediging van die Kaap - die strategiese waarde van die Kaap en die verdedigingstelsel om dit te beskerm, die verdediging teen 'n buitelandse bedreiging en die bekamping van binnelandse bedreigings. Laastens word die regspraak, gesondheidsdienste en onderwys volledig behandel. Daar is ook 'n fokus op die verskillende bevolkings-, kulturele of beroepsgroepe aan die Kaap, te wete die Khoisan, die Kompanjiesamptenare, die vryburgers, die slawe en die gemengde of "bruin" bevolkingsgroep. Ten slotte is daar 'n samevattende oorsig op die geskiedkundige nalatenskap van die VOC se teenwoordigheid aan die Kaap op die ontstaan en ontwikkeling van Suid-Afrika soos ons dit vandag ken.
      CONTRIBUTORS: Con de Wet EAN: 9781485300199 COUNTRY: South Africa PAGES: WEIGHT: 0 g HEIGHT: 222 cm
      PUBLISHED BY: Protea Boekhuis DATE PUBLISHED: 2016-11-01 CITY: GENRE: HISTORY / Africa / South / Republic of South Africa, HISTORY / Social History, POLITICAL SCIENCE / Colonialism & Post-Colonialism WIDTH: 152 cm SPINE:

      Book Themes:

      Republic of South Africa, 17th century, c 1600 to c 1699, 18th century, c 1700 to c 1799, African history, Social and cultural history, Colonialism and imperialism

      Customer Reviews

      Be the first to write a review
      0%
      (0)

      Recently viewed products

      Login

      Forgot your password?

      Don't have an account yet?
      Create account