FREE delivery to all EXCLUSIVE BOOKS stores nationwide. FREE delivery to your door on all orders over R450. Excludes all international deliveries.

Die heelal op my tong

Anoeschka von Meck

    Product form
      FORMAT: Paperback / softback

      R 115.00 Price and availability exclusive to website

      YOU COULD EARN 115 FUTURE DISCOUNT POINTS.
      ESTIMATED DELIVERY: Approx 4 Business Days
      Elkeen het ’n heelal in hul mond. Keuses wat jou wentelbaan van uur tot uur bepaal.Willemien is keelvol vir dik wees. En bang wees vir kaas en vir inkopies doen. Hoe kan mens so verwyderd van jouself wees dat jy van buite liederlik obees is, maar in jou kop sing jy vry en kaal op ’n krans? Sy wonder waar kom die rondomskrik van haar lyf vandaan terwyl sy en haar sus in die vretende hitte van die Richtersveld ’n kluis in ’n winkeltrollie sleep. Willemien is vasbeslote om dit oor ’n afgrond te boender.Voor hul eindbestemming het die langpad se strepe Willemien soos ’n ritssluiter oopgetrek. Dit smaak haar daar is ’n heelal op haar tong. Vir eens moes sy haar sprokieskarakter opgee om haar ware self te wees én te wys. Sy het dekades laas haar lyf bewoon. Haar suster moes hoor van die verlede. Van hul aardige ouers wat banger was vir oorgewig as ’n grondeis. ’n Ma watpaniekaanvalle oor suiwel en selluliet gekry het en ’n pa wat geen imperfeksie by sy vrou of dogters geduld het nie. Kilogram vir kilogram wou Willemien bieg en haarself dun praat. Die tong het immers mag oor lewe en dood.Dié is ook die storie van Pa. Húlle pa. ’n Lagslimme Afrikaanse Al Capone, wie se innoverende sakeondernemings hom soms gedwing het om sy kantoor van agter tralies te bedryf. In Palm Springs dra Pa se lyfwagte koeldrank vir die fbi-agente aan vanwaar hulle die dollarboer en sy trigger-happy brigade dophou.Van Kaapstad na San Francisco en ’n dwelmdieet in Sri Lanka – met ontvoerings, partytjies, ’n seksles in Hongkong se hawe en ’n onvermydelike ontmoeting met ’n onbekende man – tref Anoeschka von Meck se nuutste roman jou soos ’n reusegolf en spoel sy die verhoudings oop wat van ons soekende, spirituele wesens maak.
      CONTRIBUTORS: Anoeschka von Meck EAN: 9781485904106 COUNTRY: South Africa PAGES: WEIGHT: 0 g HEIGHT: 234 cm
      PUBLISHED BY: Penguin Random House South Africa DATE PUBLISHED: CITY: GENRE: FICTION / General, FICTION / Literary, FICTION / Biographical, FICTION / Family Life / General, FICTION / Urban & Street Lit WIDTH: 153 cm SPINE:

      Book Themes:

      Modern and contemporary fiction: general and literary

      Customer Reviews

      Be the first to write a review
      0%
      (0)
      0%
      (0)
      0%
      (0)
      0%
      (0)
      0%
      (0)
      Anoeschka von Meck is die skrywer van die wegholsukses Vaselinetjie, wat meer as 100 000 boeke verkoop het. Dié roman wen die Jan Rabieprys, die mer-prys vir jeuglektuur en ’n M-Net-prys. Die filmweergawe word as beste rolprent by die Silwerskermfees in 2017 bekroon en wen die titel Best Humanitarian Film by die Sedona International Film Festival in 2018.Von Meck, wie se mense boere in die suide van Namibië was, het haar loopbaan as joernalis by Die Republikein in Windhoek begin. Sy het by verskeie koerante, insluitende Rapport in Kaapstad gewerk. In 2014 word sy aangewys as Beste Harde Nuus- skrywer vir gemeenskapskoerante.Haar eerste roman, Annerkant die longdrop, verskyn in 1997 en Die Ontwaking: Die lewe van Essie Honiball, ’n biografie oor dié mistieke denker, in 2010.In 2016 reis Von Meck alleen deur Suid-Afrika en maak sewe maande lank opnames vir Afrikaans.com oor unieke variasies in Afrikaans. Sy durf weer die langpad aan in 2019, hierdie keer om onderhoude met boere in droogte te voer. Net voor die droogte my breek verskyn dieselfde jaar.Op sestien het Von Meck haar pa oorsee gevolg. Sy het haar skoolrekord met Tipp-Ex vervals en nooit standerd agt voltooi nie. Deur genade alleen word sy later by John F Kennedy University in San Francisco toegelaat, waar sy marinebiologie en vergelykende godsdiens studeer. Later verwerf sy ’n wettige ba-graad in argeologie aan die Universiteit van Kaapstad. Hierna volg ’n hod en ’n meestersgraad in Antieke Oosterse Studies aan die Universiteit van Stellenbosch, asook ’n doktorsgraad in Kreatiewe Skryfkuns aan die Universiteit van Pretoria.Von Meck woon tans op die platteland en probeer ’n resep vir suiwelvrye kaas te vervolmaak. Sy beskou haarself as ’n interdimensionele ewigheidswese wat oortuig is ’n bonatuurlike lewe behoort die nuwe normaal te wees.

      Book Partnerships

      For the Fans

      Recently viewed products

      Customer Reviews

      Be the first to write a review
      0%
      (0)
      0%
      (0)
      0%
      (0)
      0%
      (0)
      0%
      (0)

      Login

      Forgot your password?

      Don't have an account yet?
      Create account